Soveel dae, soveel dinge

Ek het nog niks van die ander werk gehoor nie.  Meer as ‘n week later, en niks.  So, ek het seker verkeerd verstaan en ja as iemand dan ook nie na jou terugkom nie, dan moes ek dalk nie daar gewees het nie.

Dit lyk en klink of almal in die huis darem beter is.  Nog so bietjie hoes en proes hier en daar, maar ons leef!

Maandagaand het ons weer die squash-ding probeer.  Dit is nogal lekker en ek sweet, dit is al wat belangrik is.  As manlief die bal so vinnig slaan, verloor ek die bal – seker iets met die oge wat gewoond moet raak.  So as jy nou met gemak wil wen, is ek net die opponent.

Ek weet ek moet nie negatief wees nie en dit was my voorneme toe ek die blog begin het.  Ek het ook so baie die afgelope tyd gehoor dat mens ten volle op God moet vertrou vir die toekoms, werp jou bekommernisse na hom en vergeet daarvan, onthou ‘the power of positive thinking’, ens.

MAAR, laasmaand het die plek waar ek werk mos begin met die korttyd en 17 tydelike werkers laat gaan.  Hierdie maand is daar 15 (die laaste) tydelike werkers wat gaan.  Hulle het klaar ‘n lys opgestel van 44 mense wat hulle in Januarie permanent gemaak het en is besig om daarna te kyk.  Die eienaar/baas is ook skielik vandag hier van die Kaap af.  Daar word vermoed dat hulle NOG personeel gaan verminder.  Ekke is nou maar eers my 2de maand hier, dus nog tydelik.  Daar word gesê ek moet nie bekommerd wees nie, maar……….dalk word daar net volgende week ook ‘n briefie in my hand gestop wat sê dat ek die einde Junie klaarmaak??????

Vir wie kan ek kwaad wees, want kwaad is ek? Vir myself wie se gat gejeuk het by die vorige plek en wou skuif, vir die regering wat veroorsaak dat alles duurder word en niemand dit meer kan bekostig nie, vir die plek wat mense aanstel as hulle nie weet of hulle dit gaan maak nie?????? WIE, WIE, WIE??????

So, dalk moet ek een van die dae met ‘n bedelbriefie by al die bloggers omgaan, hahaha!

Explore posts in the same categories: Uncategorized

One Comment op “Soveel dae, soveel dinge”

  1. boendoe Says:

    Jy moet kwaad wees vir die nuwe base wat jou aangestel het, reken ek. Hulle moes mos ‘n idee gehad het hoe sake staan. Ag, jong, ek hou duimvas. Hoop alles werk uit.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: