Verjaarsdag

Dogtertjie word volgende week 6.

Sy wil nou 2 partytjies hê, een by Spur en dan een by die skool.  Mamma en Pappa is nou nog nie miljoeners nie, en probeer dit nou bietjie afskaal.  Persente moet daar natuurlik wees, so dan net 1 partytjie.

Ek het besluit op Spur met so paar maatjies en hul ouers, ek betaal net vir die kinders.  Hulle kleuterskool is toe volgende week, so die week daarna se partytjie by die skool gaan nou net uit koek bestaan.  Nie pakkies, sakkies of boksies met sweaties en koeldrank nie.

Maar die groot probleem:  WATSE PERSENT GEE EK?????

Sy wil ‘n pop met ‘n potjie, doeke eetgerei en bottel hê.  Elke liewe jaar wil sy dit hê en dan kry sy een of ander pop, want ons kan nooit die regte een kry nie.  Pappa het besluit dat sy nou genoeg poppe het, so wat gee ons?????

Onthou hierdie is Naboomspruit, ek het minder as ‘n week vir ‘n persent!!!!!!!!!!!!!!!!!  HELP!!!!!!!!!!!!!!

Explore posts in the same categories: Uncategorized

4 Kommentaar op “Verjaarsdag”

  1. Roer Says:

    Wat van sussa kies haar eie pop. Gee vir haar ‘n keuse van poppe (foto’s verkieslik of brosjure, want anders vat jy haar winkel toe en sy wil die duurste een he^) en se^ vir haar julle het besluit sy is groot genoeg om self te kies. Sterkte met die partytjie.

  2. BB Says:

    ‘n Babakatjie of woefie – of ‘n goudvissie!! No poo to pick up:mrgreen: – Daar is obviously nie tyd virre bababoetie of -sussie nie, nê?!😉

  3. jomana Says:

    BB, Pappa is allergies vir katte. Ons het 2 boerboelle en ‘n stefie. Sy het ‘n worshondjie gehad, maar Mamma moes na hom kyk. Ek wou eintlik hierdie jaar vir haar ‘n pappegaai kry, maar toe vind ons uit dat sy allergies is vir vere!

  4. Dellie Says:

    Hi jy! So lekkkeeerrrr om weer iets van jou te lees! Ek het nog nie die vorige post gelees nie, was te opgewonde om te groet. Hoop dit gaan goed?

    Ek het ongelukkig nie met ‘n geskenk raad nie – het net ‘n seun. Maar hou dogtertjies nie van opdress nie? Wat van krale en “make-up” en ‘n fancy blink rokkie met feetjie vlerkies… ag sorry, ek droom oor “as ek dalk ‘n girlie gehad het”…

    Ek stem vir die Spur ding, ons het dit vir jare met Seun gedoen, en hy en die pelle was baie gelukkig daarmee.

    Sterkte, ek kom loer gou weer!😉


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: