Verjaarsdag 2

Ons was nou maar gister in Pietersburg vir ‘n persent.

Ja, en ons het maar die baba met die doek en potjie en eetgerei gekoop en sommer ‘n Swingball ook.  As kind het baie van my maatjies ‘n Swingball gehad en ons nie.  Dogtertjie het nogal lekker gelag gister vir haar ma wat nie so goed is nie, maar ek slaan darem so nou en dan die bal raak.  Sy kom ook mooi reg vir iemand wat nog nooit so iets gedoen het nie.

Sien ons probleem is dat dogtertjie altyd by is met die persente koop.  So wat is die use om dit toe te draai.  Sy soek wel iets om oop te skeur al weet sy wat daarin is.  Sy slaap vanaand by ‘n maatjie oor – hulle kleuterskool is die week gesluit.  Ek sal nou maar vanmiddag nog so ietsie hier gaan soek en dit toedraai en more saamstuur na die maatjie, want sy wil dan nou kwansuis iets hê om oop te skeur.

Sondag gaan ons nou maar by Spur eet saam met so paar maatjies.

Net ‘n vinnige vragie:  Hoeveel snot het mens in jou liggaam??? Ek is seker my kwota en nog so 3000 ander mense sin is al deur my neus!

Explore posts in the same categories: Uncategorized

6 Kommentaar op “Verjaarsdag 2”

  1. Eben Says:

    Die swing-ball is ‘n goeie geskenk. Dit help verseker met die hande – oog – kordinasie🙂

    Dis baie beter as voor die TV te sit en spelletjies te speel of TV kyk. Jong ek het maar altyd met Steyn (toe hy nog klein was) vir hom ‘n lot klein praktiese geskenkies gekoop, dat hy ‘baie’ het om oop te maak. As ek bv iets koop wat met baterye werk, sal ek die baterye apart toe draai.😉

    Met die Spur is dit ook ‘n lekker gedagte …. maar hoekom neem jy haar nie Saterdag na Nelspruit vir die jaarlikse InniBos fees. Daar is alles …. gie gie speel sommer met jou!!

  2. boendoe Says:

    Nee, jinne vrou, ek weet nie soveel van snot af nie! Hang seker af of jy verkoue is of nie! 😀

    Mis ek Pietersburg nou! Dink maar so af en toe aan my, my hart is in daardie plek!

  3. BB Says:

    Ek en Erich speel gereeld swingball – ons love dit! en dis een van die niceste dinge om met ‘n 12-jarige te doen – (behalwe vingerbord, maar my naels hou dit nie😉 –
    ons hou tournaments en ek dink ek is darem nog die reigning champ:mrgreen: (vir nou)…

  4. netjane Says:

    Daai swingball het gewoonlik vir my geswing! Ek het nie vreeslik baie ballsense nie!

  5. Wipneus! Says:

    Het jy verkoue? Sterkte

  6. krista Says:

    Ons het net so lekker swingball gespeel toe ons klein was!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: