Gewige en dinge

Soos julle nou seker ook al teen hierdie tyd weet sukkel ekke ook maar met die vetjies.  Het al verskeie diete en dinge probeer, maar dit wil nie altyd werk nie of eerder die wilskrag en dissipline is nie altyd enduit daar nie.

Hoe raak mens vet?  Hoe kom mens daar?  Wel eenvoudig, leef lekker (nie finansieel nie), eet lekker en worry nie.  Tot jy op ‘n dag of met ‘n nuwe seisoen agterkom dat die hemde en broeke van laas somer nie meer pas nie en dan skielik MOET jy klere kry, so jy raap en skraap en koop maar hier en daar ietsie.  Op die ou einde sit jy met ‘n kas vol klere wat soos ‘n winkel lyk – enige iets van ‘n 10 tot ‘n 18 hang daar.  Jy wil graag die 10 aanhê, maar die 18 maak darem eerder die rolle toe.

Jaco van die Wosonki’s is nou op die regte pad en ek haal my hoed vir hom af.  Sterkte!!!  Sy kop is reg, so die res van wat gedoen moet word sal gedoen kom.

Sondag kyk ons toevallig na ‘n program op MNet, iets van Daddy 1/2 ton.  Ai, ai, hoe raak mens so vet???  Selfde antwoord as bo, want nie een van daai mense is werklik siek nie.  Hulle het eers vet en toe siek geword.  Hulle wys hoe sny hulle die vette van die ou se bobeen af, iets soos 47 pond per been.  Dit is iets soos 21kg per been.  (Ek wil darem net so 21kg aan my hele lyf verloor)

Jenny het op haar blog genoem van die proteien dieet.  Met alle eerlikheid is dit nog die enigste dieet wat vir my gewerk het.  Ek weet almal is nie mal daaroor nie, maar weereens is dit ‘n lewenstyl verandering om net nooit weer suiker te eet nie.  Dit is die hoof punt, sover dit my aangaan.

Ek het so paar jaar terug lekker gewig daarmee verloor, maar nie die boek klaar gelees nie, so net by die Induksie gebly en gedink dit is for life.  Toe nie.  So paar weke terug trek ek toe weer die boek nader.  NEE, NEE, NEE alles behalwe wat ek gedink het en gin wonder ek kon nie volhou nie.  Die streng deel en geen koolhidrate is net vir ‘n sekere tyd.  Later begin jy tog weer normaal eet, sodra al die goggas weg is en jou selfbeheersing beter is.  Jy bly maar eintlik net weg van suiker af, for life.

Ek het selfs vir my die Ketostix gekoop om jou urine mee te meet, dit kleur so pienk na pers.  Maar na 3 weke het ek nou eers ‘n week ‘afgevat’ want ek het verjaar.  So hier gaan ons nou weer.  Ek het eintlik al so 3.3kg verloor, maar weer so bietjie opgetel laasweek, so ek het nog nie alles en verder verloor nie.  Ek wou hierdie week weer begin oefen het, maar tyd is bietjie beperk, so volgende week is ek weer vroeg uit die vere, nou nie dood martel oefen nie.  Sal weer bietjie fietsry, soms Tae-Bo, soms Squash, maar darem ietsie om te help.

Sterkte aan alle mede bloggers met die vetjies afskud, die somer is nie meer so ver nie!!

Explore posts in the same categories: Uncategorized

2 Kommentaar op “Gewige en dinge”

  1. Jenny Says:

    ‘n Vriendin sê altyd, dis bitter onregverdig dat eet vetmaak. Mens moes eerder vet geword het van goed soos lieg en steel. Dit sou mos op baie vlakke beter gewees het
    Dink net, dan kon jy mos op ‘n afstand ‘n skelm ou uitken!

    Sterkte met daai dieet-ding! Ek is ook maar hierdie week ‘n bietjie ‘ongehoorsaam’ gewees, sal weer more (ja, op die Vrydag!) dit reg begin doen… darem nog nie vandag gekroek nie, so far so good…

  2. Wipneus! Says:

    Ek is ook seriously besig met die dieët stories. Ek voel so ongemaklik!!
    Sterkte met jou dieët!!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: