Skole en dinge en goeters en als

Ja ek worstel nog steeds met:  Na watter skool moet dogtertjie gaan????  Staat of privaat.

Staat – R400 pm maand + naskool,

Privaat – R600 pm + naskool.  (Privaatskool het blykbaar ook baie verskuilde kostes wat jy nie vooraf van weet nie, so maak jou reg eintlik vir so ektra ten minste R500 per maand.)

Volgens Naboomspruit salarisse verdien ek nie te min nie, party huishoudings moet klaarkom met dit wat ek verdien en ek het darem ‘n man en woon in ‘n Weermag huis, so ek moet GOED kan leef, MAAR ongelukkig toe ek nog jonk en dom was het ek en manlief bietjie TE lekker geleef.  Huis opgesit, meubels gekoop, yskas, ens en tussen al die terug betalings bietjie vergeet dat daar geldjies moet wees om te leef ook.  Dus het ons teruggeval op old faithfull die kredietkaart.  Nou-ja, ekke probeer om alle skulde te betaal, so daar is omtrent net die helfte van my salaris oor aan die einde van die maand om die daaglikse ballet, skoolgeld, kos ens te moet betaal.

Ek kry darem einde September verhoging, glo 8% en manlief in die Weermag het ook gehoor van verhoging, ek bargain nie daarop voordat ek dit nie sien nie.  Desember se bonusse is in die weegskaal so iewers moet ek spaar om skoolklere ens. te koop.  Ek het maar my gedroomde Kaap vakansie onder sy gat geskop vir hierdie jaar.  Teen middel volgende jaar behoort ek darem iewers te kan begin asem haal.  Maar die skole begin in Januarie en nie in Julie nie!!!

Eintlik het ek besluit om haar na die staatskool te stuur vanweë my onsekerheid by die werk.  Ten minste mag ‘n staat skool jou nie weier nie, maar die privaatskool laat weet jou vinnig as jou kind nie op standaard is nie of as daar gelde iewers kort om dan maar te toer.

So hoekom neig ek dan heeltyd na die privaatskool, wat is so wonderlik dat my kind nie maar net soos ek na ‘n staatskool moet gaan nie????  Ek is nie beter as ander nie, inteendeel, voel ek partykeer sommer baie dommer en definitief nie in tel nie.

Ek het as kind nie baie geleer van die wêreld daar buite nie.  Praat gisteraand met iemand, ek het net geleer van die gewone werk – dr, prokureur, argitek, onderwyser, niks uitsonderlik nie, nie baie entrepreneurskap nie.  So logies werk ek maar om iemand anders ryk te maak.  DIT wil ek nie vir my kind gee nie.  Ek wil haar grootmaak met ALLE moontlike kennis, ALLE moontlike idees, ALLE moontlike moontlikhede.  Is dit te veel gevra, is ek selfsugtig om haar ‘n voorsprong dan te gee deur haar na die privaatskool te wil stuur?

Explore posts in the same categories: Uncategorized

2 Kommentaar op “Skole en dinge en goeters en als”

  1. maxie Says:

    Sterkte met jou besluit. Dis baie redelik vir ‘n privaatskool. Ek betaal R1600-R2000 per maand (per kind), geen nasorg. Die staatskole, of altans die Engelse staatskole waarvan ek kennis dra hier, is maar power. Klasse is te groot, ens ens ens.

  2. maxie Says:

    Hi, ek dink ek lê in jou spamboksie😦 Laat ek maar weer probeer: Sterkte met jou besluit. R600+ is baie redelik vir privaatskool. E


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: