1 Militêre Hospitaal

Ek was nogal benoud om my dogtertjie vir ‘n opvolg ondersoek te vat na haar operasie laasjaar.  Want sien, die Dr in Pietersburg wat die mangels en grommet ding gedoen het, het nou afgetree en nou moet ons 1 Mil aandurf.  Ja, ook maar staatshospitaal en na alles wat ek gehoor het en al gesien is, was ek maar benoud.

My pa wou dadelik weet of ons darem na ‘n blanke dr gaan.  1 Mil is die opleidings hospitaal, so jy moet maar vat wat jy kry en stilbly.  Toe ek swanger was moes ons kwansuis briewe teken om toestemming te gee dat who ever aan ons mag vat en ondersoek, van geel, groen, swart, tot groentjie wat nog opgelei word, ens.  Gelukkig kan ek rapporteer dat alles darem goed afgeloop het.

Ons afspraak was eers 10:30, maar teen daai tyd was ons al klaar.  Vinnig die kliniek gekry, (ai die hospitale is maar vir my deurmekaar), darem nie teveel gesukkel om ons van in die boek te kry nie en voila, ‘n jong blanke dokter.  Hy was baie oulik met dogtertjie, mooi gewerk en gepraat.  Gou oortoetse laat doen, by blanke Majoor en terug by die Dr, gee hy so ewe ‘n opgeblaasde handskoen met ‘n gesiggie opgeteken en ‘n masker oor die gesiggie.

Ja en toe begin die wag……………………………  Gisteroggend het die vervoer ons 7:00 opgelaai en eers teen 16:00 weer afgelaai en dit is net so 1,5 uur se ry van Pretoria af.  Maar wat ons is in een stuk terug en moet weer oor ‘n maand die dr weer gaan sien.

Explore posts in the same categories: Uncategorized

3 Kommentaar op “1 Militêre Hospitaal”

  1. boendoe Says:

    Shame, dit was ‘n lang dag.

    Het julle al besluit oor die skooldinge?

  2. Dis ek, Annie Says:

    Dankie tog vir my medies. Ek was saam met iemand by 2 Mil en dit het gelyk soos Bellville se taxi rank waar die mense vir die doks gewag het. Ek kon ook nie glo hulle laat sulke masiewe vet mense toe in uniform nie. Hoe hardloop of dril ‘n soldaat wat die skaal anderkant 100kg druk?

  3. jomana Says:

    Annie, ons het so 6 jaar terug in die Kaap gebly en 2 Mil is honderd keer beter as 1 Mil. Daar het ek ‘n wonderlike ginekoloog gehad en hom elke keer gesien toe ek swanger was, maar by 1 Mil moet jy maar vat wat jy kry, pienk, groen, swart of wit en dan is hulle nog nie eers gekwalifiseer nie!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: