PMS en gevoelens en goeters en dinge……

Dalk is dit die naderende lente of die laat winter wat my nou ook begin vang, of dalk Jaco van die Wosonki’s wat sy hart so ontbloot het wat my aan die dink het, wel ek weet nie of dalk is dit maar sommer net die ou commin PMS.

Maandag was ons by 1 Mil (vorige post) ek was nogal bekommerd en benoud oor dogtertjie se gehoor, maar alles lyk okay.  Ek dink bietjie aan allerhande goed, skool, budget, werk, vriende, skool, man wil Weermag los na 16 jaar diens en ek wonder, werk, budget, skool, gevoelens, wat ek wil doen, wat ek moet doen…………….en so kan ek aangaan.

Ek is nie ongeskik nie, maar effe stiller van Dinsdag af en nou wil almal by die werk weet hoekom is my bek opgeblaas.  Ek kan eerlik nie aan ‘n rede dink nie.  Ek is net besig en bowenal dink ek, ek besef die jaar is verby.  Ek wou nog so baie doen, ek wou Desember Kaap toe en ja dit is alles nogal erg depro.

Vandag is ek nogal tranerig, so as ek teveel dink wil die trane sommer loop.  (Dit is plain net PMS)  So alles lyk erger en moeiliker en sommer ek is net nie lus nie.

Gister moet ek nou begin insit in verhore.  Ja die liewe tatalinatjies wat so baie afwesig is, moet nou verhoor word.  Ek moet net sê:  Hulle optrede is negatief vir die maatskappy en beinvloed die produksie, ontslag word gevra.

Nou wonder ek of hulle my nie gaan viktimiseer nie, ek het gelukkig die wette aan my kant, maar verstaan hulle dit so of wat lê voor.  Sien nou worry ek ook sommer.

Ek verloor ook nou nie eintlik gewig soos ek wou nie en voel ek moet dalk sommer ophou eet, ek wil nie maer wees nie, maar op die oomblik sal so 10kg minder darem ‘n vreeslik hupstoot vir die moraal en selfvertroue en budget en alles wat daarmee saamgaan baie help.

Hoop jou dag is beter.

Explore posts in the same categories: Uncategorized

5 Kommentaar op “PMS en gevoelens en goeters en dinge……”

  1. vokov Says:

    Nou maar sterkte met die pms. Ek wens nou eintlik jy was in die parlement. Minister van vokin tronke. Want dan het ek jou nou so opgetjaarts en kon jy al die useless prisoners wat die belastingbetaler soveel vokin geld kos, aan hulle ballas laat ophang het, en dan kon die haaie ook kos he.

    Sien, Vokof reageer ook soms irrasioneel asof hy pms het, maar dit gebeur maar as die son begin water trek hier in die verre vreemde.

  2. Dellie Says:

    Choccies! Dis al wat help!😉

    Ek stuur vir jou net-nou ‘n e-mail oor jou avatar ens!

  3. rb Says:

    Nee, Dellie, geen choccies, ek probeer dieet!

  4. Dellie Says:

    Dan moet jy daar by my kom draai! Gewaarborg om jou eetlus heeltemal weg te vat!😆

    Ek het jou ge-mail!😉

  5. Zee Says:

    RB, ek en n vriendin chat vandag oor hierdie huilerige buie van ons vandag. Dit moet seker die maan wees🙂
    Sterkte met daardie gewiggies!!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: