Mense en hul dinge

Ek bly in ‘n klein dorpie – werk is skaars hier, so as jy iets kry, klou jy maar verbete, want more het jy dalk nie kos op die tafel nie.

Na-ure gee ek so bietjie rekenaar klasse by die Internet kafee en enigste rekenaar winkel in die dorp.  Hier werk so ‘n jong dame, seker so 34 maks.  Sy is die ma van 2 kinders, een in Gr 2 en een in Gr 0.

Sy het ook elke dag ‘n ander kerel en trek saam met hom in, as dinge nie uitwerk nie, is sy terug by ma, met kinders elke keer oral saam.  Sy het aan die begin van die jaar selfs Kaap toe gegaan angter Mnr aan, gelukkig het kinders hier gebly en toe jy jou oë uitvee is sy terug.

DIt is ook gereeld dat sy haar vererg vir die eienaar van die winkel en dan sommer loop.  Nou verstaan my mooi, die eienaar is moeilik, in sy 40’s ongetroud, so redelik ‘set in his ways’, maar nie stupid nie.  Sy maak ook baie keer soos sy wil en hy moet maar net betaal vir alles wat sy aankoop, ens.

Vandag is nou weer so dag, sy het haar blykbaar weer vir hom vererg, handsakkie gevat en gegaan.  Ek wil weet:  HOE OORLEEF SO IEMAND????  HOE DINK SO IEMAND GAAN SY SORG AAN DIE EINDE VAN DIE MAAND???  DAAR IS KINDERS!!!!!!!!!!!!!!!!!

Hy het my al vertel van al die geld wat sy elke maand by hom leen net om te kan uitkom met huur, kos, skoolgeld ens. (Die pa sorg gladnie vir die kinders nie, so sy moet alles dek)  Ek kry sulke kinders verskriklik jammer.

Ek sê weer en ek sal dit seker nog baie sê:

MENS KRY NIE PROBLEEM KINDERS NIE,

MAAR

MENS KRY PROBLEEM OUERS!

Explore posts in the same categories: Uncategorized

4 Kommentaar op “Mense en hul dinge”

  1. Roer Says:

    Stem volkome saam. Ek word sommer hartseer as ek aan daai kinders en ander soos hulle dink wat met absoluut onbevoegde, slegte ouers ge’seEn’ is. Ek kan net my kop skud.

  2. Zee Says:

    RB, hierdie is defnitief probleem ouers. Dit is wanneer ek sulke goed hoor of sien wat ek wens ek het n groot plaas gehad met BAIE blyplek en dan hierdie kindertjies gaan haal om by my te kom bly en hulle al die liefde te gee wat hulle toekom.

  3. Xanika Says:

    Dit is so waar! Ek bly ook op ‘n klein dorpie waar werk skaars is en tog is ek gelukkig genoeg om ‘n halfdag werk te kan hê sodat ek in die middag na my laaitie kan omsien. Sy pa dra ook nie by soos hy moet nie en dis nie aldag maklik nie, maar my kind se belange kom eerste. Vandat ons weg is by sy pa bly ons by my ouers en ter wille van my kind sorg ek dat my lewe stabiel is, daar was al baie geleentheid vir wegtrek van my ouers af en by een of ander man gaan intrek en soms is die alleen so erg dat ek dit amper regtig sal doen, maar dan besef ek weer dit sal nie in my kind se beste belang wees nie.

    Ek probeer my bes om nie een van daardie probleem ouers te wees nie!

  4. harrylouw Says:

    Is so Jomana. Maar so min ouers sal die fout by hulself soek! Hulle se altyd dis die kinders wat rebels is of onder invloed is ens. Aaandi einde van die dag is dit die ouers se werk om die kinders weerbaar te maak teen die lewe daar buite. Ek is diep in die moeilikheid omdat ek dit laas week hardop gese het, hehehehehe


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: