Ek is ‘n Rasis……….

Dit is in elk geval wat al die ander kleuriges van enige wit mens dink en in ‘n sekere mate seker verwag.

Wel ek is nie een nie en probeer baie hard om dit aan ander te wys.  Ek word ook de moer in vir ander mense, wit, swart, pienk en pers, maar dit maak nie van my ‘n rassis nie. 

Iets wat duidelik vir my op rassisme wys:  Gisteraand op die nuus word vertel van Mark Scott-Crossley wat uit is op parool.  Die familielid sê so ewe dat hy (Mark) uitgekom het, want hy het geld en hy is WIT en die ander beskuldigde moet maar in die tronk bly, dit is vir haar so onregverdig!!!!  WTF!!!!

Gisteraand moet ek nou weer hierdie storie hoor:  Mnr B het besigheid in Pretoria en in Naboom.  Werkers steel sy bakkie in Pta met baie gereedskap op, ry tot in Naboom, vertel sekuriteits wag dat hulle hier moet volmaak met diesel en dan verder na kliënte moet ry, Mnr B se opdrag glo.  Hulle maak vol en ry verder noorde toe.  Die volgende oggend besef Mnr B sy bakkie is weg, rapporteer by Polisie, hulle vat EWIGHEID om saak te maak en te begin soek.

Intussen is sy bakkie gekry, maar hy mag hom nie gaan haal voordat die saak eers afgehandel is nie.  Werkers is ook aangekeer en glo in selle.  Mnr B gaan haal wel sy bakkie, het dit nodig vir werk.  Skaars terug in PTA, kom die 2 werkers daar aan en wil weet wanneer kan hulle weer begin werk?  Mnr B is boos, gryp tuinslang en mik na hulle om te slaan, om hulle van sy perseel aftejaag.

Werkers natuurlik reguit polisie toe om saak te maak, skaars 5 minute later stop polisie om Mnr B inhegtines te neem op klag van aanranding.  Intussen daag werkers by kantore in Naboom op en eis hul salaris by die admin personeel daar. 

NOU WIE IS NOU RASSISTIES??!!

Update oor vorige post:  Die dame het die eienaar van die winkel kom sien gisteraand en gevra of sy haar werk kan terugkry.  Alles lyk nou weer goed daar.  Sy noem toe dat haar seun terug kan gaan Gr 0 toe, want iemand borg haar (Gr 0 MOET betaal word, ander grade kan jy blykbaar kwytskelding kry).  Nou wil ek graag weet:  Hoe lank was hy nou uit die skool?  Watter agterstand het hy nou, wat bitter vinnig opgevang moet word?  Wat het sy elke maand met haar geld gedoen as sy aan die begin vir hom kon betaal en nou sommer skielik nie??????

Explore posts in the same categories: Uncategorized

3 Kommentaar op “Ek is ‘n Rasis……….”

  1. harrylouw Says:

    Dit gaan nie juis hier om rassisme nie, hoor? Dit is maar pure slinksheid waarmee jy hier te doene het. Glo my baie skelm witmense sal dit ook maar probeer. Die fout wat gemaak was is toe die ou die tuinslag opgetel het. Die ander fout was dat die mense sy bakkie gesteel het. Daar is prosedures wat gevolg moet word. Hy moes hulle voor hulle Workshop Stewards sonder vergoeding voorlopig ontslaan het weens die erns van hulle oortreding. Mens moet vry wees van enige verwyte as jy jou eie baas is en werkers onder jou het, Ten alle tye, al is dit hoe moeilik.

  2. Skoor Says:

    Rassisme en rasse spanning le ek voor die deur van die media. Hulle blaas enige nuus waar witmense teenoor swartmense optree, so groot op, dit moet later volgestop word met leuens om net huge te bly.

    Ek het geweet hier kom weer ‘n ding met S-C wat vrygelaat is. Ek wonder egter of hy nie aspris vrygelaat is nie. Net om weer die spanning stywer te trek tussen die kultuurgroepe.

    Ek wonder net wanneer die gemors wat witmense brutaal vermoor en vermink, met dieselfde minagting van die regering, regstelsel en media behandel gaan word, as wat tans met Blankes die geval is.

  3. Wipneus! Says:

    Ek sou ook daardie tuinslang gegryp en gemik het, wel eerder so paar houe gemoker het. Ek laat nie my kar steel nie. 😳


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: