Bid asb saam

Hier werk ‘n vrou saam met my, sy kon seker amper my ma gewees het, maar baie jonk van gees.

Sy was gister na ‘n Oor-Neus- en Keelspesialis, verwys deur die plaaslike dokters.  Haar ma is iewers in die begin van die jaar oorlede en van toe af het sy geen reuk en smaak nie, met die gevolg sy het al 10kg verloor en sy is nie eintlik vet nie.

Niemand by die werk weet waar sy gister was nie, net ek.  Die plaaslike Dr het genoem dat daar dalk iewers van die skok ‘n senuwee of iets dood is en dat die spesialis haar dadelik sal stuur vir scans om te bepaal wat fout is.

Vanoggend kan jy sommer sien sy is af, ek het dadelik gevra hoe dit gaan!  Hulle het omtrent rondgery agter ‘n scan masjien aan gister en toe te laat by die spesialis kon kom om die verslag deur te gaan.  Sy het self die verslag gelees EN sy het ‘n gewas!

Sy het nou nie na alles mooi gekyk nie, so sy weet nog nie hoe groot, of hoe ernstig nie, maar sy is maar BAIE benoud.  Sy sê toe hulle die scan stop en sê hulle wil eers kleurstof inspuit het sy geweet hier is kak.

Die spesialis behoort haar vandag te bel sodat sy alles kan hoor, anders sal haar man hom vanmiddag bel.

Bid asb saam vir krag en kalmte vir haar, haar man asook haar 5 kinders – 2 darem op hul eie voete, maar die drieling is 2de jaar onderwys studente.

Explore posts in the same categories: Uncategorized

One Comment op “Bid asb saam”

  1. Dellie Says:

    Hoe gaan dit nou met haar? Sterkte daardie kant!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: