Update op vorige post

Wat ‘n dolle tyd!

Die spesialis is toe eers Vrydag op kantoor, maar haar man het hom sommer op sy sel geskakel Donderdag en genoem dat hulle net gewas gesien het en baie bekommerd is.

Die spesialis het dadelik die verslag ens gekry en haar reguit na ‘n Neurochirurg verwys.  Hy kan niks verder doen nie.  Al haar simptome:  gewigsverlies, geen smaak of reuk, swetende hande en voete, vreeslike buie, vreeslike moegheid ens. alles dui op die gewas.

Die Chirurg het ook al kontak gemaak Vrydag en wil haar so gou moontlik sien, so sy het nou vir Dinsdag om 10:30 ‘n afspraak by hom.  Die gewas is in die middel van haar breinlobbe en is 4x3x2cm groot. 

Na ete vanmiddag sê sy dat sy nou die rittels het en nou begin benoud voel.  Sover hulle kan vasstel is dit nie kwaadaardig nie, maar sal definitief verwyder moet word.  Sy wil hê dat dit sommer dadelik, indien moontlik, gedoen moet word.  Maar vandag wil sy darem net hê die chirurg moet wag tot volgende week want al die kinders kom die naweek huistoe.

Ek moet nou haar werk leer en kyk ekke sukkel, want wat ek van waentjies af weet is gevaarlik, sy kan my darem wys hoe om fakture ens te doen, maar ai!!!

Bid asb saam, sy en haar man en kinders gaan werklik deur ‘n moeilike tyd, maar sy is baie positief en wil alles nou net agter die rug kry!

Explore posts in the same categories: Uncategorized

2 Kommentaar op “Update op vorige post”

  1. loergaatjie Says:

    Sterkte vir daardie gesin. Hulle is in my gebede!

  2. Dellie Says:

    Ons sal saambid. Sê asseblief vir haar baie sterkte. Al is die nie kwaadaardig nie, moet dit maar ‘n scary affere wees.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: