Update 2

Jammer ek kom nie nou meer so by almal uit nie.  Ek hardloop bietjie!!

Die vrou was toe Dinsdag by die chirurg, hy wou sommer Saterdag opereer.  BAIE DRINGEND!!!  As sy nog 2 weke wag, sou sy begin epileptiese aanvalle kry!

Later Woensdag het hy laat weet daar is ‘n kansellasie vir Maandag, so sy word nou 14:30 Maandag gedoen.  Die operasie is 6 ure lank, die gewas is aan haar hoof are vas en dit is ‘n baie delikate operasie.  Sy is vir 3 dae onder sidasie en daarna in gewone saal vir +/- 4 dae wanneer sy ontslaan sal word.

Sy is nogal benoud, want sy word van oor tot oor oopgesny en moet nou haar hare kort laat sny, hy skeer self, want die haarkapster kan dalk raaksny en dan is daar ‘n seer en kan hy nie opereer nie.

Gelukkig kom die meeste van die kinders die naweek en die ander 2 sien sy darem Sondag.  Sy moet reeds 6:00 Maandag ingaan vir toetse, ens.

Sy het werklik so veel moontlik gebede nodig, want sy is BAIE benoud.

 

En, GENIET DIE LOSLITDAG!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Explore posts in the same categories: Uncategorized

One Comment op “Update 2”

  1. Nella Says:

    Middag, Riana

    My man het in 1998 ‘n gewas op sy brein gekry wat verwyder is. (Aan die linkerkant van sy kop). Gelukkig was dit nie kwaadaardig nie, maar ‘n mens se hele lewe verander. Die aand voor die operasie was hy so bang hy het soos ‘n klein seuntjie gehuil.
    Die pyn na die operasie is baie erg. Hy kan tot vandag toe nie gaan fliek nie omdat die klank te hard is. Sy kort termyn geheue het vir omtrent 6 maande glad nie gewerk nie en dit het baie spanning op ons huwelik geplaas. Hy het my gedurig beskuldig dat ek sekere goed nie vir hom vertel of van sê nie. Hy sal nou nog iemand se gesig onthou, maar nie die naam nie.
    Toe hy in die hospitaal was het ek ‘n boekie voor sy bed gelos waarin sy kollegas en vriende hul name moes skryf as hulle by hom was, want hy kon nie hul name onthou nie.
    Hy het vir 2 weke net gelê in die hospitaal en dit het hom baie swak gemaak. In die operasie het die dokter ook die spier afgesny wat aan die kakebeen vas is en jou help kou. Hy het partykeer tot meer as ‘n uur aan ‘n bord kos geëet en dan is hy so moeg dat hy dadelik weer gaan slaap het.
    Wat ek vir jou probeer sê is dat dit ‘n helse operasie is. Tegnologie het fantasties gevorder en as dit 50 jaar terug was sou hulle net gesê het, jammer, ons kan niks doen nie. Maar die herstel proses na die operasie is lank. Geduld, geduld, geduld. Ek bid dat dit nie kwaadaardig is nie en dat hulle alles kan verwyder.
    My man het sy werk hervat ‘n paar weke na die operasie en het tot vandag toe nog nie weer probleme gehad nie.
    Baie sterkte!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: