Update 3

Dankie vir almal se gebede en inloer hier.

Haar man het gisteraand laat weet dat sy ok is en dat alles verwyder is en dat dit skoon is – geen kanker.

Sy word nou blykbaar 3 dae onder sedasie gehou, so ons sal seker laaaater in die week eers met haarself kan praat.

Dankie weereens vir almal se gebede.

Ietsie anders:  ‘n Vriend van my sussie is Sondag oggend oorlede aan breinkanker.  Hy word vandag begrawe.  Hy was maar 34, bid asb vir sy vrou en hul dogtertjie van 5.  Gelukkig het hulle haar lankal begin vat vir sielkundige behandeling, so ek is seker alles sal reg wees!!!!!!!!!!

Sondag in die erediens het die Ds nogal baie van Juanita du Plessis se CD gespeel en dit was so mooi en ek is bly dat die vroutjie wat saam met my werk, dit kon hoor.  Ek wil bitter graag vir haar die CD laat kry sodra sy uit die hospitaal is.  Die van julle wat dit nog nie gehoor het, moet werklik plan maak om VLIEG HOOG te luister.

VLIEG HOOG hierdie week!!!!!

Explore posts in the same categories: Uncategorized

4 Kommentaar op “Update 3”

  1. Nella Says:

    Baie dankie dat jy ons op hoogte hou. Ek is so verlig dat dit nie kanker is nie. Die Here is so goed vir ons!

    Dit reën nog katte en honde in die Kaap. Dit maak mens eintlik bietjie bang, want dit hou nie op nie.

    Ek dink ek gaan vandag daardie CD van Juanita vir my koop – ek dreig al lankal!

    Lekker dag!

  2. Kokkewiet Says:

    Ek is bly dat alles goed afgeloop het en dat dit nie kanker is nie.

    Ek is self mal oor daardie cd van Juanita.

    Lekker week!!

  3. Nella Says:

    Enige nuus oor haar vordering?

  4. boendoe Says:

    Ek is jammer dat ek so lanklaas hier ingeloer het. Ek sien daar het sommer baie dinge met jou gebeur die afgelope tyd. En soos Nella vra, hoe gaan dit nou met die vroutjie?


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: