Update 4

Dit gaan baie goed met die vroutjie.

JAMME EK HET SO LANKLAAS IETSIE LAAT WEET.  Ek werk my dood, doen haar werk en so tussen in my eie en ja ek werk op die vakansiedag sodat die drommels hier kan pay Vrydag.

Dit gaan werklik goed met die vroutjie.  Sy is die Maandag geopereer, niks kwaadaardig nie, sommer die volgende Sondag is sy ontslaan.  Sy is na haar dogter in Tzaneen vir 2 weke en hierdie naweek kom sy huistoe want dan kom haar drieling dogters huistoe vir die Universiteits vakansie, so ons sal haar seker volgende week sien.

Ek het gister met haar gepraat, sy word net nog gou moeg, maar sy kan daagliks voel hoe sy verbeter.  Dit is eintlik verskriklik, binne 2 weke vandat sy iets gehoor het, is dit uit en sy is al weer aan die gang.  Sy moet die Chirurg weer die 9de Oktober sien en hy sal dan besluit wanneer sy terugkom werk toe.  Ek wens eintlik dit is vinnig, want haar werk is nogal veeleisend – alle bestellings, alle aflewerings, alle verkope gaan deur haar, so EK IS MOEG!!!!!!

Maar dit gesê dink ek nie sy gaan vinnig terugkom nie en as sy hier is, sal ek haar maar bietjie moet help die eerste paar weke, net om die stress maar bietjie af te hou.

Darem so lig puntjie – ons kry verhogings hierdie maand, moet so 8% wees……  Ek het sopas gehoor ek kry 10%!!!!!!!  Jippie.  Die groot baas was so week terug hier en hy het my darem ook bedank dat ek bereid is om te help en in die diepkant inspring, dit beteken eitnlik meer as die verhoging, want ek voel dit word darem raakgesien.

Nou-ja, dankie vir almal se inloer en gebede en omgee, ons community kan darem saamstaan!!!!!!

Ek sal probeer om by almal uit te kom, maar gaan loer gerus by jou naaste Game na die Campmaster Roadster waentjie – dit is van Donderdag af op special – ek het hom daar laat aflewer. (ek breg bietjie ne, sies!!!)

Explore posts in the same categories: Uncategorized

One Comment op “Update 4”

  1. boendoe Says:

    Hi,
    Ek’s bly daar is beterskap.

    En nou is dit amper ‘n maand later. Hoe gaan dit met JOU?


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: