Ek’s terug!!!!

Ja, vandag het die dame weer begin werk, lyk heel goed, sy voel net nog bietjie moeg.

Ek is weer in my kantoor en dit voel nogal vreemd.

Dankie vir almal wat ingeloer het en ook wat vir haar gebid het. 

Met my gaan dit so-so.  Manlief in die Kaap vir 3 weke vir ‘n kursus, week 1 begin vandag!  Verder leef ek nog, slaap nie so goed as hy nie daar is nie, maar ons sal daaraan ook weer gewoond raak.

By die werk sal dit seker darem nou weer bietjie rustiger raak.  Alhoewel almal sê dat hierdie tyd van die jaar dit maar so dol gaan tot ons sluit 19 Desember.  Ek kan nie wag vir die vakansie nie!!!!!!!!! en natuurlik vir die moontlike bonus??!!

Die grootbaas het my darem so week of wat terug van die Kaap gebel om vir my dankie te sê en my te komplimenteer omdat ek bereid was om hulle te help, maar…..  die dame wat hier in beheer is, lyk nie baie ingenome nie.  Sy het my duidelik laat verstaan dat EK HET NET UITGEHELP, DIE DAME HET NIE MEER MY HULP NODIG NIE.  So-ja, nie eers ‘n F&KKEN DANKIE nie, net niks!!  Almal waarsku my maar oor haar en dat ek nie moet sleg voel nie, dit is maar haar manier, want netnou hou die baas meer van my as van haar.  EK is nogal bekommerd oor wat sy alles nou vir hom gaan vertel, dat ek dalk VERSKRIKLIK aangejaag het, ens.  Gelukkig weet ek, ek het my bes probeer, HAAR MOER!!!!!!!!!!

Wel ek is terug in my kantoor en kan aangaan met MY werk.

Ek sal probeer om nou weer gereeld by almal in te loer, lekker week!!!!!!!

Explore posts in the same categories: Uncategorized

3 Kommentaar op “Ek’s terug!!!!”

  1. nella Says:

    Welkom terug!! Geniet jou tydjie sonder jou man – ek weet dis nie lekker sonder hulle nie, maar ‘n mens het ook ‘n bietjie tyd vir jouself nodig.
    Ek geniet dit as my man gaan jag in die winter – dan sit en doen ek naaldwerk tot laat in die aand en hy is nie daar om te kla nie. Maar dis ook BAIE lekker as hy terugkom huistoe!
    Ek is bly om te hoor dit gaan nou goed met jou vriendin. Dit sal seker maar nog moeilik gaan by die werk vir eers.
    Lekker dag!

  2. Kokkewiet Says:

    So lank jy weet jy het jou bes gedoen, moet jy jou glad nie steur aan haar nie. Sy kon ten minste dankie gesê het!

    Gelukkig het die grootbaas dit raak gesien en sy waardering uitgespreek.

  3. Eben Says:

    Stem saam Kokkewiet, as jy weet jy het jou beste gegee ….. de-hel met almal en alles.

    Lekker om jou weer terug te sien!!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: