Dis Vrydag……

Ek is hopeloos verveeld vandag, eintlik nog die hele week!

Kan nie glo hoe besig ek laasweek nog in die ander kantoor was nie en nou is hier omtrent niks om te doen nie.  My salarisse is so te sê op datum en nou probeer ek maar hier en daar help.  Maar niemand is eintlik besig nie, behalwe die ander kantoor waar al die bestellings en versendings gedoen word.  Ek het al hoeveel keer gaan aanbied, maar nou ja, nou speel ek maar!

Kyk hierdie gewig ding moet dringend aandag kry.  Daar is so vae moontlikheid dat ons dalk so vinnig in die Kaap kan gaan kuier Desember en dan wil ek darem werklik nie soos ‘n seekoei lyk nie, darem so bietjie ligter, so 5kg sal doen op hierdie stadium.

Facebook:  Is ek net te dom, te stadig, of te vinnig?  Die blerrie ding maak my deurmekaar.  Ek het darem so paar vriende en het nog so paar opgesoek, maar ai wat dan?  Jy moet eers aan alles behoort/allow voordat jy iets kan doen soos drukkies, blomme stuur ens.  Eerlikwaar verkies ek eerder ‘n blog.  Hier en daar het ek nie eintlik tyd om foto’s op te sit nie, so lees maar en lewer iewers kommentaar as ek wil.  Hoe kuier mens daar, net deur comments op iemand se wall, as hy een het??

Gister was die Laerskool se opedag en ja ek het toe maar besluit dogtertjie gaan na Gr 1 by Laerskool Eugene N Marais in Naboomspruit.  Is dit lelik om te vra dat jou kind in iemand spesifiek se klas moet wees?  Hier is dit lyk my die norm.  Ek voel so half skuldig om te vra, netnou dink die ander juffrou ek het ‘n probleem met haar en eerlikwaar, ek ken nie een van die onnies persoonlik nie, net van hoor-sê.

Lekker naweek, ek gaan lekker rus en DVD’s kyk – op dogtertjie se aandrang

Explore posts in the same categories: Uncategorized

4 Kommentaar op “Dis Vrydag……”

  1. Eben Says:

    Bly jy het so ‘rustige’ week op hande gehad. Soms is dit omverklaarbaar dat jy die een week jou sterre afwerk en die week daarna sit en Mmmmmm bak!!😆

    Jong gaan en vra of jou dogtertjie in die of die se klas kan wees. Ek reken dis seker nie so erg. Ons het dit destyds gedoen en ja ons was dankbaar dat dit toegelaat is. Per slot van sake weet die mense darem watter onderwyser is sy sout werd is al dan nie, en die betrokke persoon moet maar self ondersoek doen, hoekom wil die kinders nie eintlik in haar klas wees nie!!

  2. Wipneus! Says:

    Hoop jy het ‘n lekker naweek gehad!

    Oor Facebook, ek het ook nou al die friend ens. Maar weet ook nie wat nou nie. Blykbaar moet ek nou blomme gee en ontvang!! 😆

    Ek sou ook gevra het vir ‘n spesifieke onderwyseres! Ek glo nie daar is iets daarmee fout nie.

  3. Kokkewiet Says:

    Ek het ook gevra dat my seun by ‘n spesifieke juffrou moet wees, volgende jaar (Gr2) moet hy maar gaan waar hy ingedeel word.

  4. Wipneus! Says:

    Hello hoe gaan dit???


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: