Sommer so…

Ek weet nie eintlik wat om te skryf nie, my lewe nie baie interessant op die oomblik nie.  Het eintlik daaraan begin dink om die blog sommer te delete, maar sal nog definitief by ander inloer.

Manlief terug van die Kaap, na 3 weke.  Hy het met die trein gery en eers laaaaat Saterdagaand by die huis gekom nadat die trein baie vertraag was.

Dogtertjie het nou-al ballet eksamen gedoen en ons sal die uitslae met hul konsert kry op die 21 Nov.

Duidelik staan die jaar einde toe, dit is my program sover:  15 Nov – troue van vriendin se dogter, 19 Nov – kleuterskool se konsert, 21 Nov – ballet konsert, 27 Nov – Gimnastiek aflsuiting, 28 Nov – werk afsluiting, 29 Nov – Kleueterskool familie braai.  Iewers moet manlief nog reël vir hul werk afsluiting ook.

Gelukkig gaan dit baie goed met die maatskappy.  Hier is eintlik teveel bestellings, die fabriek kan nie voorbly nie.  Ek vermoed dat van die bestellings nie gelewer gaan word nie al werk die fabriek van hierdie week af oortyd, elke dag.  Dit gaan eintlik so goed dat die baas se seun ‘n nuwe bakkie gekry het, ja sommer so nuut uit die boks en kontant betaal.  (wens partykeer ek het so pappa, as hy darem net so bietjie van my skuld kan wegvat, sal dit ook help).  So ja ek dink ons behoort darem Desember ons bonusse te kry, hoop maar vir so bietjie ekstra!!!! (wie doen nie??)

O-ja bietjie skinder nuus:  ek weet nie van julle weet van die nuwe golfbaan hier naby nie – Euphoria Golf Estate, ontwerp deur die nr 1 vroue golfspeler Annika S.  Wel ons het Saterdag die Kleuterskool se golfdag daar gehou.  Dit is baie grand, kyk ek voel skoon verlore in so grand plek.  ‘n Hempie is sommer so R700 en ‘n short R600.  1 blikkie Coke sommer R9.  Nou kyk ons moes R80 per persoon opdok vir die aandete, wat ‘n teleurstelling!! Hierdie is ‘n Internasional plek, word so bemark, raai wat was die aandete?????  Fyn vleisies in ‘n soort van sous, met rys, cocktail buns, mengelslaai wat ek nog eintlik die tamaties ens soek tussen die bruin slaaiblare en niks minder as malva peoding en vla.  Dan moet ek noem het so 35 van die 100 mense nie kos gekry nie, WANT DIE KOS WAS TE MIN.  Daar is vinnig so paar tjoppies gaargemaak en toe laaaater nadat almal omtrent weg is, nog so stir-fry met sous.

Dit is blykbaar nie net ons funksie wat so afgesluit het nie.  Daar is 2 ander instansies in die dorp wat ook golfdae daar was, met dieselfde klagtes en natuurlik die matriekafskeid ook.  Klagtes van te min, te koud en sommer net eenvoudig smaaklose kos is algemeen.  Ons hoor nou dat die sjef haar dood wil lag daaroor en te kenne wil gee dat die kinders self geskep het en teveel geskep het.

Gelukkig is daar darem ‘n silwer randjie, want ons hoef glo nie nou meer vir die kos te betaal nie, so die kleuterskool score darem met so paar randjies.

Lekker week verder vir julle, ek is bietjie moeg en broos, na so paar rooi wyn glasies gisteraand!!!!

Explore posts in the same categories: Uncategorized

2 Kommentaar op “Sommer so…”

  1. Wipneus! Says:

    Agge nee jy kan nie die blog delete nie! Jy hou jou stukkie op die www om eendag weer daardeur te blaai! Lekker memories! Ek lees altyd lekker hier! 🙂

    Dis vreeslik dat hulle sulke ete’s gee! Dink hulle nie aan hulle naam nie. Nee diens het lyk my orals versleg!

    Julle het ‘n lekker vol tydjie voor julle geniet die troue’s, konserte ens!

    Sterkte met die moeg en broos gevoel 😆 Maar ons almal het soms so aand nodig net om bietjie van al die stres ontslae te raak!

    Mooi bly!

  2. Huisvrou Says:

    Jaaaa….
    Ons het ‘n Diakonie-funksie daar gehad en ek moet met jou saamstem. Wonder wat betaal hulle daai “sjef”?
    Ons was bevoorreg omdat die eienaar in ons gemeente as diaken dien🙂 en ons dus nie betaal het nie!!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: