Opgewonde is nie die woord nie!!!!!!!!!!!!!!!!

BB skryf op haar blog van goeie vriende.  Dit is so skaars om WERKLIKE goeie vriende te hê.

Ek het vir 8 jaar in die Kaap gebly en ons het wonderlike vriende daar gemaak.  OK baie het verander, sommiges is getroud, of geskei of daar het toevoegings tot die families gekom, so ek is seker as ons nou weer daar sou moes bly sal ons almal mekaar weer so effe moet leer ken.

My hart trek nog altyd met ‘n punt terug Kaap toe.  Hier in die Limpopo is dit maar moeilik om sulke vriende te maak en boonop te hou.

My wens vir hierdie Desember vakansie was om in die Kaap te wees.  Dalk met Kersfees by die skoonfamilie en dan natuurlik met Nuwejaar by die vriende.  Ongelukkig het my finansies anders besluit en moes ek maar noodgedwonge my planne kanselleer.

Manlief was mos nou onder in die Kaap vir ‘n kursus en daar besluit van ons vriende, hulle wil ons DAAR hê vir ‘n verjaarsdag partytjie.  So ons vlugte word bespreek – soos ek hier tik – om die 19de Desember, die aand te vlieg en die 28ste terug te kom.  Ons kan dit nog verander as ons besluit om later daar te bly.  Want ons kan nog saam met hulle Jeffreys toe ook gaan vir so week of wat!

!!!!!!WAAR IN DIE LEWE KRY MENS SULKE MENSE!!!!!!

Nou-ja my opgewondenheid ken geen perke nie!  Hoe bewys mens jou dankbaarheid teenoor so iemand????  Wat doen mens, wat sê mens??  DANKIE klink so min, EK IS LIEF VIR JULLE EN WAARDEER DIT klink so simpel?

En dan het dit sommer ook nou begin reën!

Explore posts in the same categories: Uncategorized

8 Kommentaar op “Opgewonde is nie die woord nie!!!!!!!!!!!!!!!!”

  1. Adrie Says:

    Jy sorg dat dit die beste kuier ooit is. En geniet jou gate uit.

  2. netjane Says:

    Jy moet party “like it’s 1999”! Lucky fish!

  3. boendoe Says:

    Lekker man! Geniet dit!😆

  4. Johan Swarts Says:

    Baie geluk! Jy het die Silwer Ponie gewen!

  5. Xanika Says:

    Ek is so bly vir jou en glo julle gaan dit baie geniet!

  6. Eben Says:

    Gie gie ek hoop nie jy vergeet ons op die blogs nie!! 😆

    Weet jy net, daardie vriende kyk op na julle/jou! Jy is belangrik vir hulle en wees net jouself soos al die jare. Dit alleen beteken baie vir hulle.

  7. BB Says:

    NIKS fout met “ek is lief vir julle en ek waardeer julle”. Ons sê dit veels te min – veral vir ons vriende. Dis nogal ‘n skok op (veral nuwe) vriende se sisteem as ek sommer so vrek baie lief raak vir hulle, maar hulle kom gou-gou ‘by’… die Wosonki’s het agtergekom hulle gaan my nie ‘beat’ nie – toe join hulle my maar. Dis sooooo lekker as my vriend(inne) my ini oë kan kyk en innig en eerlik kan sê: “Ek’s lief vir jou!”.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: