Mense wat dink hulle is slim………..

Ja almal van ons het seker al daardie gesegde gehoor:

MENSE WAT DINK HULLE IS SLIM, IS NIE ALTYD SO SLIM NIE!!!!

Wel by die plek waar ek werk is dit nogal BAIE waar.  Hier is net sommige mense wat ALLES weet en jy weet natuurlik NIKS.

Moet nie eers probeer hulp aanbied nie, want die kleinste ou foutjie wat jy durf maak en word voor jou deur gegooi tot in lengte van dae!!!!!!!!!!!  Maar as hulle foute maak, is dit natuurlik niks, dit word mooitjies onder die mat ingevee, met toeskouers, en aangegaan.

Etiket is ook nie ‘n woord wat hier verstaan word nie.  Veral nie internet/e-mail etiket nie.  Ek is seker almal van ons op die blogosfeer weet dat mens nie sommer net gou ietsie in HOOFLETTERS tik nie??  Wel hier weet net die dom mense van so iets, die slim mense maak dit af as:  Ag dit is sommer k..k, ek werk, ek het nie tyd vir nonsens nie!

Al probeer jy, wat dom is, verduidelik hoe dit werk, ens. word jy nou sommer ook afgejak.

So, ja, my dag het wonderlik begin en joune??  Hoop jou dag is SOMMER BAIE BETER!!!!!!!!!!!!!!!!!

(Nog 36 slapies)

Explore posts in the same categories: Uncategorized

4 Kommentaar op “Mense wat dink hulle is slim………..”

  1. Wipneus Says:

    My innige simpatie RB! Ek ken ook daardie mense, los hulle dat hulle maar in silence suffer. 😆

  2. Jenny Says:

    Klink kompleet net soos government daai! Sterkte, ek verstaan jou pyn!
    My take op daai gesegde lyk so: Mense wat DINK hulle weet alles, maak ons wat alles WEET die bliksem in!

  3. Xanika Says:

    My baas is so. Hy weet alles en maak nooit enige foute nie. En jy word betaal om jou werk te doen, nie om te dink nie. Die feit dat my vorige baas altyd vir sy personeel opgekom het al het die personeel hoe erg aangejaag, help nou ook nie juis nie…


Lewer kommentaar op Eben Kanselleer antwoord