Gewigsverlies voor vakansie

Ek wil so GRAAAAAAAAAAAAAAAAG net so paar kilo’s verloor voor ons Desember Kaap toe gaan.

Aan die linkerkant was ‘n ticker van wat ek in totaal wil verloor, maar voor 19 Desember 2008 wil ek graag die vleigtuig bereik op die nuwe ticker.

Explore posts in the same categories: Uncategorized

8 Kommentaar op “Gewigsverlies voor vakansie”

  1. Tersia Says:

    wat ‘n stryd! Niemand sien eers die manne se tromme wat oor die bose groei nie, maar laat my heupe nou net weg groei van my bekkenbeen af….! Gelukkig het ek met die operasie so bietjie verloor! Nou voel ek weer bietjie gemotiveer om daarmee aan te gaan! ek sal eers in anoreksia glo as ek dit kry!

  2. Zee Says:

    Ek hoop van harte dat jy jou doel sal bereik en lekker vakansie te hou…

  3. netjane Says:

    Sterkte! Dis so moeilike tyd om gewig te verloor!!

  4. Roer Says:

    Sterkte met jou doelwit jong. Moet net nie jou gesondheid benadeel nie. As jy dan moet dieet, probeer iets gesonds soos Herbalife en as jy kan (ek weet ‘n ma se skedule laat partykeer veel te wense), gaan stap net ‘n paar blokke. Dit SAL ‘n verskil maak. Ek hou duimvas!

  5. boendoe Says:

    Jinne. Ek smile maar net. Die ewige stryd… 😆

  6. BB Says:

    Ok – so jy het net ehhhhhhm 10 dae oor?? Hier gaat hy:
    Opstaan, eet binne ‘n halfuur jou All Bran of Weetbix met fat-free melk. Of 2 gekookte eiers of ‘n omlet van 2 eiers met spray&cook! Jy kan ‘n handvol mushrooms daarby eet (as jy dit braai, probeer dit ‘droogbraai’ in ‘n pan – jy’t nie vet nodig om mushrooms te braai nie. Eet 10 uur 100g steak (of hoender – geen vel) alle vet verwyder – slegs gegrill of drooggebraai (max 1 eetlepel olyfolie vir braai – jy kan hom ook daarmee smeer voor jy hom grill) met either ‘n halwe groterige squashie of 10-12 groen bone of ‘n half koppie blomkool (rou of gestoom) of ‘n handvol aspersies. 12:30 selle ding. en weer so 15:00. Drink teen 17:30 ‘n protein shake met half water half fatfree melk (kry by Dischem enige USN of ander lean protein shake.) Gaan STAP 30 minute later vir ‘n halfuur (jy hoef nie te draf nie maar gaan stap -soos in power walk – vinnig asof jy op ‘n missie met ‘n mening is). As jy ‘n fiets of treadmill by die huis het trap die ding vir 7de laan se 30 minute…
    Tussen 19:30 en 20:00 weer 100g steak of hoender met 60g gaar patats (geen botter of suiker – stoom dit!).
    Jy mag jou oggend steak met protein shake vervang, maar moenie shake back-to-back drink nie!! m.a.w een kou-ete een drink-ete, weer een kou-ete. Your body’s gotto think you’re keeping it fed, so it can start getting used to the idea of getting rid of access calories it doesn’t need – hoe minder kos jy hom gee hoe meer hou hy terug!! Eet/drink ELKE 2.5 ure!!
    Los brood, aartappels, rys, pasta, koek, koekies en al daai goedjies net vir 10 dae, toe!?
    Jy sal ten minste nog 3 kg verloor voor jy afvlieg! Promise!! (Dan kan jy in die Kaap ‘groot gaan’ en dit weer optel – en as jy terug is, is jy nie nóg 3kg swaarder, maar net back to waar jy nou is – en dissie so erg nie issit:mrgreen:
    Sterkte!! En enjoy jou trippie (en jou vriende)!!!
    xx

  7. BB Says:

    Oops!! Vergeet ekke van Brokkoli !!! Dié wondergroente!!! It takes more energy for your body to burn broccoli than what broccoli gives it – Ek eet Broccoli 2x per dag met etes – gestoom. ± 1/2 – 1 koppie per ete.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: