Deurmekaar tyd

My lewe voel nog steeds leeg en doelloos, alhoewel ek nou al op meer as een geleentheid die versekering gekry het dat alles met ‘n doel gebeur!  Ek is net iemand wat DADELIK wil weet hoekom en waarom, maar die antwoord op so baie van die vrae is:  DIE TYD SAL LEER.

Nou hier volg so uittreksel uit my lewe die afgelope paar dae:

  • Woensdag 11/2/09 – Enigeste oorlewende Oupa (pa se pa) is siek en deurmekaar
  • Donderdag 12/2/09 – Oupa nog steeds nie lekker nie, ma en pa gaan deur Groblersdal toe en probeer die pille opspoor wat hy veronderstel was om die vorige dag al te kry
  • Vrydag 13/2/09 – Oupa word opgeneem in hospitaal deur Kubaanse dokter (buurman waarvoor hy al die jare nie baie tyd gehad het nie), later die dag word hy oorgeplaas na Witbank hospitaal (Ek dink Kosmos??, moet hulle komplimenteer – Oupa en ma-le BAIE goeie behandeling gekry)
  • Saterdag 14/2/09 – Ma-le deur Witbank toe vir besoek aan Oupa, bly hele dag daar
  • Woensdag 18/2/09 – Ma-le mark toe en oppad terug gaan by Oupa aan.  Oupa gaan 17:00 in teater toe om bloeding op brein te dreineer.  Na 22:00 is Oupa toe oorlede aan hartaanval, vermoed hy moes vroeër ‘n beroerte gehad het, en sy kanker het ook vinnig versprei.
  • Donderdag 19/2/09 – Manlief vat die kar om te laat diens in Pietersburg, ek moet die aand nog klas gee en daarna het ons Bybelstudie.  Ma-le deur Groblersdal toe om die begrafnis te reël en weer Witbank toe om dokument te kry wat hospitaal vergeet het om te gee.  Manlief se werk bel (die Kolonel), daar is besoek van Generaals, die kroegman is op verlof, manlief is die klub voorsitter, so hy moet instaan, menende jaag om betyds van Pieterburg by die Depot te wees.  Ek het nie vervoer nie!! Reël lift vir my en dogterjie, maar mis die Bybelstudie.  Vrou by die werk vra of ek asb ‘n wortelkoek kan bak vir haar seun se verjaarsdag vir die naweek (sy bly in Pta, kom net in die week hier werk) – ek wys dit van die hand, sal volgende week bak!
  • Sondag 22/2/09 – Ons kar is siek, na die diens ja.  Sy aircon skop aan en af heeltyd, kar ry rukkerig.  Manlief reël dat hulle die kar Maandag kom haal.  Jonger sussie kla van erge maagpyn.  Ma-le jaag eers dokter toe voor kerk, dr diagnoseer erge blaasinfeksie.  Al die kinders by ma-le vir Sondag middagete, kuier en eet lekker
  • Maandag 23/2/09 – Kar word gehaal Pietersburg toe.  Gaan eers werk toe, kinders skooltoe.  Bestel toast broodjies vir die pad – betaal R 102 vir 6 broodjies (dink dit is BAIE geld).  Ry 12:00 Groblersdal toe vir begrafnis wat 14:00 begin.  Na begrafnis, tee en broodjies weer in die pad terug.  Sussie nog steeds nie beter nie, kla nog steeds haar maag is seer.  Dogtertjie raak aan die slaap en word eers baie later die aand wakker, maar wil opslag huiswerk doen, so in die middel van die nag lees sy nou eers haar leesstuk en oefen haar letters.  Grootbaas kom kuier van die Kaap en ek wil hom graag sien.
  • Dinsdag 24/2/09 – Sussie moes terug Pietersburg toe, maar nog steeds siek. 
  • Woensdag 25/2/09 – Sussie terug by dokter, sy is heel van balans en praat met ‘n sleeptong.  Dr weet nie wat nou fout is nie, so daar gaan hulle Wilgers Hospitaal toe in Pretoria.  Doen heeldag toetse, x-strale en later die middag ‘n scan van haar maag.  Sien eers heelwat later die aand die Dr.  Erge galblaas infeksie, neem haar op en sal Donderdag oggend opereer.  Ma het darem ekstra klere vir oorslaap, maar pa nie, maar slaap maar.  Manlief vandag in Pietersburg, maar niemand het nog na kar gekyk nie, want hulle het nie geweet hoekom is hy terug nie, nadat hy honderde kere boodskappe gelos het.  Kar bly nog daar.  Grootbaas roep almal in en bespreek veranderinge in maatskappy.  Sy seun moet eventually oorneem en die huidige MD moet begin afskaal.  Ek gaan eventually in die verkope pos inskuif (wat ek nie wil doen nie) ens, ens., ens.  Bak wortelkoeke.
  • Donderdag 26/2/09 – Ma laat weet sussie ok, maar word eers 16:30 opereer, dan eers plek in teater.  Pa kom terug vandag en sal dan later vanmiddag weer ry.  Ek moet skielik Pietersburg toe gaan om te getuig in CCMA saak.  Reël iemand om dogtertjie Gimnastiek toe te vat.  Gelukkig word die saak uitgestel en is ons vroeg klaar.  Kar nog nie reg nie, hulle wag vir parte, maar kan hom solank kry, so kom ek toe met die kar terug!

En nou sit ek hier en tik, min lus vir werk.

Wat voorlê die volgende paar minute, ure, dae………

  • Sussie word vanmiddag opereer
  • Moet nog koek gaan versier
  • Vanaand Bybelstudie
  • Vrydagaand – dans (sal nog sien of ons krag het om te gaan)
  • Saterdag – Interhoër by plaaslike skool – nogal ‘n groot storie, die hele dorp is eintlik betrokke, so jy kan dit nie eintlik mis nie
  • Sondag – Beplan om manlief se nuwe hond, ‘n Boston terrier, in Pta te gaan haal en sommer bietjie shopping ook te doen.  Kan selfoon opgradeer, so wil dit ook inpas.

Tussendeur probeer ek werklik myself vind en bietjie iets doen wat ek van hou.  TYD SAL LEER!!!!!!!!!!!!

Explore posts in the same categories: Uncategorized

3 Kommentaar op “Deurmekaar tyd”

  1. Zee Says:

    RB, ek het nie woorde nie… Ek is so jammer om van jou Oupa….

    Hoe gaan dit nou met jou Sussie, ek glo die operasie het suksesvol afgeloop

    (((((((((RB))))))))))

  2. BB Says:

    Ai, it never rains of hoe?? Jammer oor jou oupa!!
    …en so hardloop die lewe met ons ‘n wedloop – en hoe briek mens dat die stof bietjie kans kan kry om te gaan lê??
    Helge het kompetisie in JHB môre en Sondag is daar die hele klomp lifters landswyd wat bymekaar kom – so dis omtrent nag hier by ons… maar wil jy nie jou adres vir my mail sodat ek vir jou ‘n cd in die pos kan gooi nie, skat?
    Sterkte met al jou dinge!! x

  3. Jenny Says:

    Ai jong! Sterkte, hoop dit gaan gou beter by jou!
    Ek weet nie, begin ernstig dink daar’s iets in die lug…

    ((((RB))))


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: