Nog ‘n week verby………

Ja, en so is nog ‘n week verby waarin dit voel of nie eintlik iets bygedra het nie.

Op die oomblik doen ek ‘n werk waarvan ek net mooi niks hou nie, VERKOPE. Ja ek is so half en half daarin geboelie en moet nou maar daardeur. Die ou dorpie van ons het nie juis baie werk nie, so ek moet maar vasbyt tot iets beter oor die pad kom.

Ek het al baie fone geantwoord in my lewe, maar genade mens kry darem kreature as mens die foon antwoord. Het jou ma jou nooit geleer om ordentlik te wees nie? dat dit nie dame wat die foon antwoord se skuld is as iemand jou nie terugbel nie of nie nou in sy kantoor is nie? kan jy nie ordetlik vra vir die regte departement nie? skryf asb die persoon met wie jy laaste gepraat en iets gereël het se naam neer, dit was nie noodwendig die persoon wat nou antwoord nie! mense wat bel en inligting oor waentjies wil hê, maar nie besef dat hier 60 verskillende waentjies op die lys is plus ons bou ‘custom builts’ ook – SO WATTER EEN SOEK JY????

Op die oomblik lyk ons bestellings ook nie so goed nie en is ons tien teen een na Paasnaweek weer op korttyd.

Hierdie week is ook weer die jaarlikse Hansie Week by die plaaslike Hoërskool. Ons probeer om darem so een aand te gaan kyk – my pa geniet nogal die skole rugby. Gewoonlik is die Hansies een van die beste spanne, maar gisteraand se wedstryd was redelik pateties.

Een van ons vriendinne is ‘n onderwyseres by die skool en sy noem nou die dag dat hierdie jaar se matrieks die laastes is wat werklik goeie spangees het in die skool. Hulle stel nog belang om ‘n goeie span te wees en te presteer. Blykbaar het die jonger kinders nie dieselfde gees nie en is dit nogal ‘n probleem, want dit raak die toekoms van die sport in die skool. Hans Strydom is ‘n klein skool maar ding mee met groot skole in sport.

My dogtertjie is nou in Gr 1 en hulle het nou met Netbal begin. Sy is baie gretig en wil Doel speel. So Mamma het nou maar ‘n bal en ring gekoop, wil net weet hoe hoog om dit op te sit, dan kan sy begin oefen. Sy wil selfs nie meer Gimnastiek doen nie, maar ek dwing haar maar so bietjie.

Lekker naweek, hopelik is dit rustig en kan ek bietjie EK dinge doen!!!!!

Explore posts in the same categories: Uncategorized

2 Kommentaar op “Nog ‘n week verby………”

  1. Jenny Says:

    Hi RB,

    Dit lyk my dit raak nou orals ‘n probleem, daai ding dat ons soveel goed moet doen wat ons nie wil nie, en nooit tyd kry vir Ek-goeters nie!
    Hoop jy het ‘n heerlike paasnaweek propvol tyd vir Ek dinge!

    J

  2. Huisvrou Says:

    Jy gaan nog baie bal gooi:)


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: