Dit klink so maklik!

Ja, as ons Sondae in die kerk sit en die Dominee praat met mens, klink alles so maklik uitvoerbaar en jy voel soos ‘n sondige en sommer ‘n idioot, want hoekom kan jy nie so lewe nie.  MAAR……..

Ja, die groot MAAR.  Maar as jy uit die kerk uitstap, stap jy in die werklikheid in van mense wat kinders steel en molesteer, van mense wat moor en verkrag, van mense wat op jou trap om raakgesien te word, van mense waarvoor geld baie belangriker is as ‘n lewe, van mense wat wil hê jy moet sy/haar gat lek anders is en bly jy die verkeerde een, en so kan ek seker maar aangaan met baie voorbeelde en jy kan selfs ‘n paar bysit.

Een van die vrouens wat saam met my werk het nou die dag genoem dat ek en sy die enigste in hierdie admin kantoor van so 7 mense is wat gereeld kerk toe gaan en elke dag Stiltetyd hou.  Dit was eintlik vir my skokkend toe ek dit hoor, maar so waar toe ek later daaroor dink.  Ek het nou die dag die oulikste e-pos gekry, iets van om net kerk toe te gaan, jou nie ‘n plekkie in die hemel waarborg nie, nee jou lewe en jou verhouding met die Here is baie belangriker.

Moet my nou nie verkeerd verstaan nie, my lewe is alles behalwe wat dit moet wees, ekself is ook maar baie vol foute en vol sonde.  Dit is net asof mens baie keer aanneem dat die mense om jou se lewe reg is!  Ek probeer my bes om reg volgend Christelik standaarde en waardes op te tree en mense met respek te behandel, maar as dit voel of almal op jou trap en jou niks gun nie, dan raak dit moeilik om reg op te tree??!!

Ons is die week besig met Pinkster byeenkomste by ons kerk en ons woon die Tiener deel by.  In die 5 dae gaan ons na verskillende lande kyk.  Gisteraand was Israel aan die woord.  Hulle oorlog, verskeidenheid van gelowe, ens.  Skielik het ek net besef hoe bevoorreg en veilig ons eintlik nog in SA is.  Ons kan nog veilig in die aand kerk toe gaan en hoor nie heeltyd bomme en gille ens. rondom ons nie.  Ons kan die Here nog kliphard loof en prys en aanbid, hoef nie iewers in ‘n stegie te moet skuil nie.

Die Dominee vra toe hoe tree ons op as daar ‘n nuwe kind by die skool inkom of as iemand deel wil word van jul click?  Laat jy hom welkom voel of skuif jy hom uit?  Dit het my nogal laat dink.  Ek sal gewoonlik op ‘n funksie met die persoon praat wat half vreemd lyk en haar op haar gemak wil laat voel.  Maar dit klink so maklik om nou te sê jy moet dit doen.  Ek is ‘n eenkant mens, so ek deel nie in die groot hansworse nie, so ek sien die een raak wat alleen is.  Maar as jy nou ‘n go-getter is of die centre of attraction – sien jy so iemand raak?  hoe tree jy teenoor so iemand op? 

Kyk die wêreld is baie wreed, as jy nie jou mond kan oopmaak en praat nie, sal niemand van jou weet nie!  Is dit nie maar die geval nie?  Ek het dit al ervaar as ek vreemd op ‘n funksie is.  Niemand gee werklik aandag aan jou nie.  Elkeen lewe vir homself.

Selfs by die werk ervaar ek dit.  Die een wat die baas die langste ken, of die naaste aan die baas of sy seun is, is die een wat die meeste regkry.  Jy wat in jou hoekie sit en jou werk doen, is die een waarop neergekyk word en met minagting behandel word.  Hoe dan gemaak?

So ja, dit klink baie makliker om reg te lewe as wat dit is!!

Explore posts in the same categories: Uncategorized

2 Kommentaar op “Dit klink so maklik!”

  1. Huisvrou Says:

    RB,
    ek weet dis stadig, maar komaan man, loer gou vir jou huiswerk by: http://huisvrou.blat.co.za/2009/07/17/handskrif-taak/
    Groetnis

  2. nico van der Berg Says:

    ‘n verhouding met God is baie belangrik,want jy moet eers met hom ‘n suksesvolle verhouding hê,voordat jy ander suksesvolle verhoudings kan hê.

    Die vier pilare waarop ‘n verhouding gebou word is

    Respek
    Opregtheid
    Eerlikheid
    Intensie om in hierdie verhouding te wil wees.

    Asjy ‘n akroniem maak met die eerste letters van hierdie woorde, kom ‘n mens uit by die woord roei.

    As ‘n mens nie roei in die verhoudingsboot nie gaan dit sink


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: