Koste van ‘n kind

Ek het hierdie op e-mail gekry en ek kry sommer trane, dit is so waar………

Onlangs is bereken dat die gemiddelde koste per kind vanaf geboorte tot en met die ouderdom van 18jaar vir ‘n gemiddelde inkomste gesin, R160,140.00 beloop.

Praat van ‘n skok!

Dit sluit nog nie eens tersiêre onderrig in nie! Maar as jy ‘n volledige analise maak is R160,140.00 glad nie so erg nie. As jy dit uitwerk beloop dit R8,896.66 per jaar, R741.38 per maand, of R185.34 per week.

Dit is ‘n skrale R26.48 per dag! Net oor ‘n rand ‘n uur.

Steeds, mag jy dalk dink dat die beste finansiële adviseurs sê as jy ‘ryk’ wil wees, jy geen kinders moet hê nie. Dit is egter net die teenoorgestelde.

Kom ons kyk wat kry jy vir jou R160,140.00?
• Naamreg – Volle naam en van
• ‘n Vinnige blik na God elke dag
• Giggels onder die komberse/duvets elke nag
• Meer liefde as wat jou hart kan hou
• Vlindersagte soentjies en Velcro drukkies
• Eindelose gewonder oor rotse, miere, wolke en warm tuisgebakte koekies
• ‘n Hand om vas te hou, hoewel gewoonlik taai van lekkergoed
• ‘n Maat om mee saam seepbelle te blaas, vlieërs te vlieg, sandkastele te bou en tou te spring op die sypaadjie in die stortreën
• Iemand saam met wie jy jouself simpel kan lag, ten spyte van wat jou baas vandag vir jou gesê het of hoe jou aandele die dag gedoen het.

Vir R160,140.00 hoef jy nooit groot te word nie…………

Jy kan weer vingerverf, wegkruipertjie speel, vuurvliegies vang en jy hoef nooit op te hou glo in Kersvader nie. Jy het ‘n verskoning om die Avonture van Knikkie te lees, Saterdagoggende tekenprente op TV te kyk, om die Disney vertonings te gaan kyk en om wense te wens wanneer jy ‘n verskietende ster sien. Jy kry ‘n kans om reenboë, harte en blomme onder yskasmagnetjies te raam en goud gespuitverfde noedels vir kersfees te versamel, om handafdrukke in klei te kry vir Moedersdag en kaartjies waarvan sommige letters agterstevoor is vir Vadersdag.

Vir R160,140.00 is daar geen groot ‘bang’ vir jou pond nie………

Jy word die hero in kinderogies net omdat jy ‘n Frisbie van die motorhuis se dak afhaal, omdat jy die oefenwieletjies van die fiets afhaal, omdat jy ‘n splinter uithaal omdat jy die klein swembadjie opblaas en vol water maak en omdat jy die rugbyspan afrig wat nooit wen nie, maar vir wie jy altyd roomys na die tyd koop ongeag die feit dat hulle verloor het. Jy kry eerste sitplek om getuie te wees in jou kind se geskiedenis van die eerste treetjie gee, eerste woordjie sê, eerste spraak en ‘n eerste keer agter die wiel. Jy word onsterflik……….! Jy kan nog ‘n tak by die familieboom byvoeg en as jy gelukkig is, in jou doodsberig ‘n lang lys kleinkinders byvoeg as agtergeblewenes. Jy kry ‘n les in sielkunde, verpleging, strafreg en kommunikasie wat geen Universiteit kan ewenaar nie. Jy het al die mag om ‘n seerplek gesond te soen, om die monsters onder die bed weg te jag, om ‘n polisieman te speel by die oorslaappartytjie, om hulle vir ewig te hok, om hulle onvoorwaardelik lief te hê, sodat hulle eendag net soos jy kan lief hê, sonder om die kostes in ag te neem.

Geniet jou kinders en kleinkinders, die tydelike kranksinnigheid is dit alles werd!!!!!!!!

Explore posts in the same categories: Uncategorized

5 Kommentaar op “Koste van ‘n kind”

  1. Eben Says:

    Ek het die ookal gelees … maar sou 100x meer betaal, want wat is geld tog, in vergelyking met alles wat jy gaan ontvang.

    Jy weet as ek naweke huis toe gaan of my gesin kom kuier, kan Steyn letterlik nie meer wag. Mens sou sweer ek was jare weg. Marilee slaap soms skoon in ‘n anderkamer want soos sy sê “… nee maggies julle twee darem is te erg!!”… Maar dis darem ook met die tong in die kies gesê.

    Dis pragtige posting!! Lekker dag vir jou

  2. marat Says:

    My kingdom for a child? Ek dink nie mens kan in geldelike terme daaraan dink nie. Ek sou ook (soos Eben) 100x meer betaal . . . 😉

  3. boendoe Says:

    Ja, mens kan so gatvol die werpsel raak, ne?! Maar ai, as die baby opgewonde kom omdat hy vir jou ‘n klippie opgetel het, dan word jou hart sommer week. En daai sagte wangetjie as hy slaap… Nee wat, my kinders bly my grootste rykdom.

  4. Fairydust Says:

    Mens kan nie die waarde van kinders he in geld omsit nie…dis so kosbaar en spesiaal
    Ek verruil myne vir niks en niemand in die wereld nie!
    Jou posting laat my hulle sommer weer opnuut wardeer, dankie!


Lewer kommentaar