Archive for Julie 2008

Gewige en dinge

Julie 30, 2008

Soos julle nou seker ook al teen hierdie tyd weet sukkel ekke ook maar met die vetjies.  Het al verskeie diete en dinge probeer, maar dit wil nie altyd werk nie of eerder die wilskrag en dissipline is nie altyd enduit daar nie.

Hoe raak mens vet?  Hoe kom mens daar?  Wel eenvoudig, leef lekker (nie finansieel nie), eet lekker en worry nie.  Tot jy op ‘n dag of met ‘n nuwe seisoen agterkom dat die hemde en broeke van laas somer nie meer pas nie en dan skielik MOET jy klere kry, so jy raap en skraap en koop maar hier en daar ietsie.  Op die ou einde sit jy met ‘n kas vol klere wat soos ‘n winkel lyk – enige iets van ‘n 10 tot ‘n 18 hang daar.  Jy wil graag die 10 aanhê, maar die 18 maak darem eerder die rolle toe.

Jaco van die Wosonki’s is nou op die regte pad en ek haal my hoed vir hom af.  Sterkte!!!  Sy kop is reg, so die res van wat gedoen moet word sal gedoen kom.

Sondag kyk ons toevallig na ‘n program op MNet, iets van Daddy 1/2 ton.  Ai, ai, hoe raak mens so vet???  Selfde antwoord as bo, want nie een van daai mense is werklik siek nie.  Hulle het eers vet en toe siek geword.  Hulle wys hoe sny hulle die vette van die ou se bobeen af, iets soos 47 pond per been.  Dit is iets soos 21kg per been.  (Ek wil darem net so 21kg aan my hele lyf verloor)

Jenny het op haar blog genoem van die proteien dieet.  Met alle eerlikheid is dit nog die enigste dieet wat vir my gewerk het.  Ek weet almal is nie mal daaroor nie, maar weereens is dit ‘n lewenstyl verandering om net nooit weer suiker te eet nie.  Dit is die hoof punt, sover dit my aangaan.

Ek het so paar jaar terug lekker gewig daarmee verloor, maar nie die boek klaar gelees nie, so net by die Induksie gebly en gedink dit is for life.  Toe nie.  So paar weke terug trek ek toe weer die boek nader.  NEE, NEE, NEE alles behalwe wat ek gedink het en gin wonder ek kon nie volhou nie.  Die streng deel en geen koolhidrate is net vir ‘n sekere tyd.  Later begin jy tog weer normaal eet, sodra al die goggas weg is en jou selfbeheersing beter is.  Jy bly maar eintlik net weg van suiker af, for life.

Ek het selfs vir my die Ketostix gekoop om jou urine mee te meet, dit kleur so pienk na pers.  Maar na 3 weke het ek nou eers ‘n week ‘afgevat’ want ek het verjaar.  So hier gaan ons nou weer.  Ek het eintlik al so 3.3kg verloor, maar weer so bietjie opgetel laasweek, so ek het nog nie alles en verder verloor nie.  Ek wou hierdie week weer begin oefen het, maar tyd is bietjie beperk, so volgende week is ek weer vroeg uit die vere, nou nie dood martel oefen nie.  Sal weer bietjie fietsry, soms Tae-Bo, soms Squash, maar darem ietsie om te help.

Sterkte aan alle mede bloggers met die vetjies afskud, die somer is nie meer so ver nie!!

Ek is nog hier

Julie 23, 2008

Ai, die tyd gaan ook so vinnig verby!!!

Vandat ek laas gekryf het:  Dogtertjie se verjaasdag het gekom en gegaan, o ja en myne ook.  Ons was toe Spur toe die Sondag in Warmbad.  Wat ‘n teleurstelling!! Eers het hulle die booking verkeerd gehad en toe is die rekening ook sommer verkeerd, ag maar dit is verby.  2de keer by Spur ‘n flop gestrike, so ons sal maar nie weer volgende jaar gaan nie.

Stocktake by die werk gehad:  Moes Donderdagaand, Vrydag – hele dag en Saterdag tel.  Almal bae onwillig en negatief, maar dit was nie so erg.  Ons het gelukkig Vrydag vroeg klaargemaak en het darem ‘n rustige naweek gehad.

Ouditeure by die werk:  Hierdie week is die ouditeure hier.  Dit is die eerste keer in my lewe wat ek verantwoording moet doen aan ouditeure.  Gelukkig is dit nog alles laasjaar se werk, nog nie myne nie, so die meeste van die antwoorde moet die ander dame gee – gelukkig is sy nog hier!!  Volgende jaar sal ek maar bontstaan, kry darem so voorsprong om te sien wat aangaan.

Korttyd by die werk:  Dit is tydelik opgeskort vir almal.  Gelukkig het daar so paar bestellings deurgekom, so almal is weer lekker besig.  Ongelukkig is dit net tydelik, so ons weet nog steeds nie wat die toekoms inhou nie.  Enige werk het maar sy foute en ongelukkig kom ek baie hier agter.  Bo blink onder stink, ja dit is nogal bietjie van toepassing!

Diete en maer word:  Nog nie weer kans gehad om squash te speel nie, eers ek siek, toe manlief.  Het sommer heeltemal opgehou oefen.  Het so bietjie reg begin eet en so 3kg verloor, maar na hierdie week dink ek alles is weer op.  Het darem Maandag weer so bietjie begin oefen.

Dogtertjie se gimnastiek:  Die afrigter tannie wil graag hê sy moet nou ernstig begin deelneem, kompetisies ens.  Dit beteken meer dollars uit mamma se sak.  Vir eers verdubbel haar klasgelde, want sy moet nou 2 keer per week klasse bywoon en nie meer 1 keer nie.  Sy moet nou ‘n leotard kry, want sy gaan Artisties doen en haar hemp rol aan die pale vas, so iets wat glad is moet sy dra.  Die 2de klas ‘n week is in Potgietersrus, so 50km van ons, so ekstra petrol vir mamma.  Gelukkig het ouma begin met die gimnastiek betaal, maar ek sal seker iewers moet oorneem en veral omdat dit verdubbel sal ek seker iewers moet help??  Volgende jaar is die monkeynastix uit, so ek spaar darem daar so bietjie, en ek kyk nog na die ballet.  Dit is glo goed vir gimnaste maar nie vir mamma se beursie.

Besluite, besluite, besluite:  Volgende jaar moet dogtertjie Gr 1 toe.  Waarheen?  Na die gewone skool of die privaatskool?  Gewone skool nou R380 per maand en R180 vir nasorg, of privaatskool, R600 per maand en R180 nasorg.  PLUS skoolklere, PLUS boeke ens. PLUS gimnastiek verdubbel, PLUS audioblocks word R25 meer per maand, PLUS enige sport wat by skool ekstra is, is ekstra klere, PLUS, PLUS, PLUS.

Verhogings:  Ons kry blykbaar in Spetember verhogings.  Hierdie jaar is dit veronderstel om 8% te wees.  Ek werk nog nie ‘n volle jaar nie, so ek begin so die gevoel kry dat ek nie die volle 8% gaan kry nie.

Bietjie opwinding:  Hier was so pas ‘n klein ongelukkie hier reg voor die kantore.  ‘n Rep wou die aankoper kom sien en sy draai reg voor ‘n polisiekar in wat sirenes en ligte aanhet en wat besig is om ‘n verdagte voertuig te jaag wat deur die dorp jaag met getinte vensters sonder nommerplate.  Gelukkig het die polisiekar teen ‘n boom hier langsaan tot stilstand gekom en niemand is beseer nie, die 2 polisiemanne is net bietjie vol skok.   Die rep wil nou te kenne gee dat sy nie voor hulle ingery het nie, maar dat hulle onverskillig was.  Gelukkig is hier bietjie meer getuies VIR die polisie.

Lekker week verder.  Ek moet gou die salarisse finaliseer anders het ons nie Vrydag pay nie.


Design a site like this with WordPress.com
Spring weg